Kettery van Teologie met gebedswekroep as taktiek verraai ‘n bedekte skatryk ‘wit’ ras in politieke en ekonomiese belange as hunkering na eertydse apartheid-bestel

By: Clyde N.S Ramalaine

Oral in Suid-Afrika, soos gesien op sosiale netwerk groepe en bladsye, word boodskappe van ‘n oproep na gebed vir Suid-Afrika as ‘n land aangevra. By die eerste opval en oortuiging as ‘n belydende Christen en geroepe gesant van God, sou ek by die aanhoor van enige gebed onmiddelik in my gees verheug word en saam wil bid, soos ek as Christen oortuig is om daagliks te doen.

Ongelukkig moet ek as ‘n Christen in Suid-Afrika, by die aanhoor van die oproep na gebed, eers ‘n pouse neem en vra na die identiteit van die bepaalde groep wat so ‘n oproep sou maak. Ek moet dan ook navraag doen oor watter groep in Suid-Afrikaanse Staats aanhoubare rasgemeenskap hierdie oproep loods. Laastens is ek genoodsaak om te vra in watter tyd die oproepe na gebed plaasvind, en of dit betrekking het op verkiesingstyd.

Hierdie vrae bring ‘n mens ook by die uiters belangrike, maar dikwels verdoeselde kwessie van  ras belange, hetsy in ekonomiese welvaart, politiek, ideologiese, en selfs morele kontekste vertolk. Suid-Afrika bly eenvoudig ‘n land en ‘n mengelmoes, verstrengel deur ras en bedryf deur rasbelangegroepe waarin God, godsdiens, die Heilige Skrif, asook gebed, misbruik word vir perverse eie belange.

Wanneer ons as Christene in gemeenskaplikheid van ‘n God, godsdiens, en geloofsoortuigings gevra word om deel te wees van gebed, is die dwang ons opgelê om die bogenoemde vraagstukke eers mee te deel. Dit is dan juis die geval nou weer etlike maande voor ‘n belangrike verkiesing.

Die doel van my skrywe is dan juis om ‘n paar aspekte aan te spreek. Eerstens wil ek die bedrewe Goebbels-mite van ‘n ‘godsvresend’ en ‘godsdienstige Suid-Afrika’ in die geskiedenis uitwys vir wat dit is – niks anders as oëverblindery, wensdenkenkery en ‘n infame leuen. Tweedens wil ek die betrokke en bepaalde rasgroep se ekonomiese en politieke belange as onderbou van die gebedsoproep ontmasker. Derdens wil ek die dubbelsinnigheid van ‘n swaarbelaaide politieke agenda wat vandag vir gebed vir Suid-Afrika aanvra, uitwys as eintlik ‘n gebed ter beskerming van ‘wit’ belange, soos altyd ontleen uit ‘wit’ vrees, in ‘n ‘swart’ konteks van politieke leierskap. Vierdens wil ek die leiers van die gebedsgroep, by name van Angus Buchan en sy handlangers Arno Van Niekerk en ander, ‘n paar reguit vrae stel in ‘n publieke debat? Laastens wil ek die goedgelowige Suid-Afrikaners wat hierdie poste aanstuur, vra om bietjie nabetraging te doen en die Heilige Gees te versoek vir ‘n gees van onderskeiding, sodat hulle die gees van die Antichris kan onderskei wat God se beeld in valse ras identiteit wil gevange hou waarin ideologie in die naam van godsdiens en gebed die koestering is.

Was ‘Suid-Afrika’ die republiek in verwaring met die land ooit in geskiedenis  ‘n godsvresende land?

Daar bestaan ‘n merkbare verskil tussen Suid-Afrika en die land waarvan Suid-Afrika in 1961 ‘n republiek geword het. Hierdie twee entiteite moet nie verwar word nie, en hulle beteken nie noodwendig dieselfde nie. Die land het reeds lank voor 1961 bestaan, soos blyk uit die geskiedenis. Dit is noodsaaklik dat ons nie toelaat dat kommentators en enge belangegroepe ons oortuig dat Suid-Afrika eenders is aan die land van my voorouers nie.

Was die land ooit in geskiedenis ‘n godsvresende land?  Die vraag hang nou af van wat jy verstaan as Suid-Afrika, want Suid-Afrika het eers in 1961 ‘n republiek geword. Dit hang dan ook af van hoe jy godsdienstigheid interpreteer. Dit hang verder ook af van hoe ver jy wil teruggaan in die raaiselagtige geskiedenis van ‘n Suid-Afrika. Ek wil dan sê dat as jy Suid-Afrika ontneem van die naam, en vir ‘n oomblik net na ‘n suidland van Afrika of Afrika se voet verwys, sal jou lei na tyd van inboorlinge. Hulle is later deur Europese geskiedskrywers aangedui as die KhoeSAN, wat die oorspronklike mense van die land was. Hierdie mense maak my voorouers uit.

Laat my toe om dan te postuleer, die eerste ontheiliging in ‘n reeks van ontmaagdiging van die land het plaasgevind toe die Portugese in 1483 gepoog het om die inboorlinge [my voorouers] aan te val. Hierdie aanval is egter met weerstand afgeslaan, en daar sou nie weer so ‘n Europese aanval plaasvind vir die volgende 169 jaar nie, totdat uit Nederland Jan Van Riebeeck in 1652 aangekom het. Die geskiedenis toon duidelik aan dat die inboorlinge en mense met ‘n oorspronklike herkoms inheems was aan die land en daarin vreedsaam geleef het. In my oortuiging is dit hierdie mense wat God en die land geeër en geken het. Selfs later sou die Britte ook hier aankom, en die land sou ‘n besetting beleef sedert 1820, wat sou voortduur, en ‘n 1910 Koloniale Staat vestig, tot die aanvang van die Apartheidstaat in 1948 toe die Boere wie in oorlogstryd met die Engelse hulself as die regerende mag herskryf het. Dit is dan onder so ‘n apartheid bewind dat Suid-Afrika as ‘n republiek ontstaan het. So die tweede ontheiliging in ‘n reeks van ontmaagdiging van die land met eerste gepoog deur die Portugese, is finaal voltrek met die aankoms van die krimineel Jan Van Riebeek wie die oorspronklike inboorlinge met slinksheid en geweld beroof het van hulle land, vee en sou plaas in minder mens wees van beskrywing daardeur die eerste onderdrukking blootstel.

Indien jy wil vergeet, ek gaan jou nie so ‘n voorreg toestaan. Daar was ‘n tyd toe die inheemse nomadies land besitters, die eintike eerste mense in wat vandag bekend staan as Suid Afrika, verklaar was as ‘vermin’ of onrasiel, betekende jy kon my voorouers goedsmoed raakloop terwyl hulle in hul ontneemde land in nomadiese style van outentiek menswees bewandel en hulle goedsmoed bedood met absolute geen vervolging nie. Gedurende die 18de en 19de eeu is die Khoesan-mense in Suid-Afrika tragies as “onrasiel” verklaar onder koloniale beleid, wat ‘n donker tydperk van ontmensliking en onderdrukking weerspieël. Die term “onrasiel” verwys histories na diere wat as plae of hinderlike beskou word, dikwels geassosieer met die dra van siektes of skade aan oes of eiendom. Wanneer dit op menslike bevolkings toegepas word, soos in die geval van die Khoesan-mense wat gedurende die 18de en 19de eeu as “onrasiel” verklaar is, verteenwoordig dit ‘n ontmenslikende en diskriminerende klassifikasie. In hierdie konteks was dit ‘n neerhalende etiket wat gebruik is om onderdrukkende beleid en praktyke teen die Khoesan-mense te regverdig, hulle behandelend asof hulle ‘n dreiging of las was wat uitgewis moes word.

Dit is die erg bebloede en geskonde geskiedenis waarin die land ontheilig was en van God geskeur is, waar die mag van die antichris sy eerste taktieke geopenbaar het, is wat baie in ‘wit’ geledere nie van wil hoor of aanspreeklikheid neem nie. Maar dit is en bly die geskiedenis wat aanhou bly kleef en net soos die Jode nie hulle tragiese moment van Europese ondermyning en uitwissing by die hand van Adolf Hitler kan of mag vergeet nie, sal ons nooit die uitwissing van ons voorouers,  hul  tale, kultuur, godsdiens, land, menswees en respek vir dit wat God toe vertrou het, hetsy dier of plant, kan vergeet nie. Ons sal doelbewus oor dit praat, en generasies in die toekoms sal dit weet.

So wanneer daar gepraat word van die land as Suid-Afrika, waarna terugekeer moet word na God, dan sou voorstanders van die dogma my nie kwalik kan neem as ek met oortuiging die Suid-Afrika waarna verwys word, uitsluitlik wil vertolk in die raamwerk van ‘n baie onlangse bepaalde en bedenklike segment van die land se geskiedenis. Die oproep na gebed met die voorwendsel van ‘n “terugkeer na God” is dan onlosmaaklik verbind met die werklikheid van die Republiek van Suid-Afrika. So wat vra die agenda nou eintlik as hulle vra jy en ek moet bid en vas? Eintlik vra hulle ons om na die spreukwoordelike dae van ballingskap in Egipte terug te keer, dit is die geroep na die vleispotte van Egipte, in weerwil van die daadwerklike kruisiging en onmenslikheid wat daar beleef is. Kan ons dan vandag onomwonde vir enigiemand en die gebedsleiers van so ‘n wekroep laat verstaan dat Suid-Afrika nog nooit ‘n godsvresende land was nie. Die land was laas godsvresend voor die eertse Europese ontmaagding.

Ek wil altyd weet wanneer Suid-Afrika in apartheid so godsdienstig en eg in geloof was. Laat my toe om dit hier en nou onherroeplik bekend te maak dat die republiek van Suid-Afrika nog nooit onder God se begeleiding was nie. Dit was eerder onder die gees van die Antichris, want dit het God se ewe geskape en gekoesterde mens in sy beeld verag en mishandel. Die sogenaamde “terugkeer” is dus ‘n mite, want dit is gebou op ‘n infame leuen.

Vandag roep ‘n misvormde koloniale en apartheid sameswering van begunstigdes heeltemal onbeskaamd gebedskringe byeen vir die land, terwyl hulle nooit gebid het teen die demoon, van rassisme wat in eertydse wetboek vervat is, juis die onheil wat in narsistiese oortuigings God se ewe geskape mense onderdruk en mishandel het.

Wie maak die wekroep tot gebed in die rasgroep verduideliking, en wat is hulle eintlike belange?

Suid-Afrika sedert 1994 is ‘n onderhandelde skikking. Die skikking is bereik deur elites aan beide kante van die spreukwoordelike spoorlyne van onderdrukkers en onderdruktes wat beide ‘n gemeenskaplike belang in elite ekonomiese belange as ‘n doelwit gehad het. Die elites, wat geen probleem gehad het om God se mense te beskryf in enge rasse omvang waarin hulle superioriteit van ‘wit’ wees bevorder het nie. Dieselfde elites’ agenda het gewen, en Suid-Afrika het toe ‘n ‘swart’ regering gekry waarin die ekonomie en land steeds in die hande van apartheid en koloniale begunstigdes gebly het. Die ontheiliging van die land en sy mense duur onverpoos voort. ‘n Kykie na hoe die elites aan beide kante sedert 1994 verryk is vanaf FW De Klerk en Nelson Mandela, is skrikwekkend. Ondersoek sal bewys dat geen BEE of BBEE-transaksie enige koloniale of apartheid-begunstigdes enigsins armer gemaak het nie; hulle rykdom het eerder verdriedubbel binne 30 jaar. Die onderhandelde skikking, waar apartheid-begunstigdes die sukkelende swart elites om die tafel geneem het, het vanaf Nelson Mandela, Thabo Mbeki, Jacob Zuma [hy het in sy tweede termyn vir sy eie gewin probeer breuk en is deur dieselfde onttroon] tot by Cyril Ramaphosa [die produk van die wit politieke mag en ekonomiese agenda sedert 1978 met sy Urban Foundation verbintenis] en al hulle familie, vriende en uitegsoekte maters skatryk gemaak.

Mei 29, 2024 – Verkiesingsdag: Die tydsberekeing van die wekroep na gebed 

Tydsberekening is nie bloot ‘n kronologiese faktor nie; dit is ‘n strategiese bate wat die vermoë het om narratiewe te vorm, uitkomste te beïnvloed, en die sukses van pogings te bepaal. In die ingewikkelde dans van strategie, het die regte skuif op die regte oomblik ongeëwenaarde betekenis.

Die tydsberekening vir die wekroep tot gebed deur die bevoorregtes van apartheid, wat nou ‘n groep vorm wat aktief politieke partye befonds met die doel om die African National Congress (ANC) te ondermyn, is merkwaardig strategies en in lyn met die ontvouende politieke landskap. Terwyl Suid-Afrika hom voorberei vir sy 7de verkiesing wat geskeduleer is vir 29 Mei 2024, word hierdie gebedsoproepe ‘n opvallende komponent van ‘n breër strategie. Die doelwit blyk die herwinning van politieke mag vir ‘n sogenaamde blanke ras deur opposisie vorminge teen die ANC veral, maar eintlik teen swart-gevaar masses.

Ons almal weet dat die Suid Afrikaanse kapitalis is verteenwoordigend van ‘n unieke spesie onder kapitaliste. Hulle weier om te investeer, sit op etlike biljoene, in die Suid Afrika wat hulle skatryk gemaak het, en glo selfs nie in die ‘wonderwerk’ van ‘n 1994 oomblik en daarom staan hulle reg om enige tyd hulle geld en beleggings te onttrek en ‘n tuiste iewers elders te maak. Deur finansiële ondersteuning en vermeende geestelike eenheid strategies te benut, probeer hierdie segment van die politieke landskap publieke sentiment beïnvloed en die politieke narratief beïnvloed. Die oproep tot gebed, oënskynlike onskuldig op die oppervlak, vleg ingewikkeld saam met ‘n veelvuldige benadering wat gemik is op die herkonfigurasie van die politieke dinamika van die ontwikkelende nasie. Dit beklemtoon ‘n genuanseerde en berekende poging om die bevoorregtes van apartheid en die wie hulle uit swart geledere goedgunstig bevind het om saam by die tafel te sit, binne die korridore van politieke mag te herposisioneer onder die voorwendsel van geestelike en politieke vernuwing.

Waaroor gaan die Wekroep tot gebed?

In die huidige era van ‘n oorwegende ‘swart’ politieke leierskap binne die Suid-Afrikaanse konteks, dien die oproepe tot gebed georkestreer deur sogenaamde blanke Suid-Afrikaners blykbaar as ‘n verdedigingsmeganisme vir blanke ras ekonomiese en politieke belange. Hierdie oproepe teiken sistematies Christene, ongeag hul apartheid opgelegte en daaropvolgende ANC state verskillende ras-erfenis, en lok hulle deelname aan gesamentlike gebedsaktiwiteite uit. Nietemin, onder die skyn van geestelike eenheid manifesteer ‘n verdoeselde, vir sommige, agenda wat daarop gemik is om historiese voordele wat ingewikkeld verbind is aan sogenaamde blanke bevoorregting, te beskerm en voort te sit. Die oënskynlike inklusiewe gebedsoproepe neem die karakter van ‘n strategiese instrument aan, wat welmenende Christene doelbewus mislei om ‘n saak te ondersteun wat, na sorgvuldige ondersoek, ‘n verbintenis met die beskerming van spesifieke ras in politiekie en ekonomiese belange toon eerder as die werklike kweek van eenheid of die regstelling van historiese onregte. Dit is noodsaaklik vir Christene om wysheid aan te wend, die onderliggende motiewe van sulke oproepe krities te analiseer, en te verseker dat hulle in ooreenstemming is met beginsels van reg, gelykheid, en ware geestelike waardes.

Dit gaan dan juis oor die oortuiging dat apartheid-begunstigdes in siele oortuiging glo dat hulle weer Suid-Afrika kan en moet lei, hierdie keer deur middel van ‘n konstitusie waarin geen erkenning gegee word aan die werklike geskiedenis van Suid-Afrika nie. Baie min van die geveinsdes wil weet dat die konstitusie, wat vir baie ‘n heilige geskrif is, wel na die geskiedenis verwys, maar nerens dit by uitstek van naam in geskiedenis noem nie. Is dit dalk waarom apartheid-begunstigdes en hul swart finansiele droogskoon-gemaakte handlangers jou wil doodmaak as jy die konstitusie bevraagteken?

Die wekroep tot gebed gaan oor die tweede koms van ‘n selfverklaarde Ariese nasie en volk, wat eintlik in ‘n Nazi-hoedanigheid geregeer het. Omdat die ekonomie in hulle mag bly, is politieke mag ook heel moontlik in ‘n Suid-Afrika waar die ANC goedkoop speel met die drome en harte van die nog steeds benadeeldes en daagliks in die bed lê met die ‘wit’ elites wat hulle finansieel gemaak het.

Wie lei die wekroep, en waar was hulle gedurende apartheid?

Dit bly ‘n boeiende vraag: Wie gee leiding aan die oproep tot gebed, veral te midde van ‘n swart politieke leierskap? Wel, die antwoord lê eintlik voor ons almal; ongeag hoe die Time to Rise of soortgelyke groep leiers dit probeer vermom. Laat ons eerlik en duidelik wees: dit is en was nogaltyd diegene wat bevoordeel is deur apartheid, met ‘n breër identifikasie voorheen Boere later as sogenaamde “Afrikaners,” in sektore soos besigheid, kerk, politiek, en nie-regeringsleierskap. Ek kan ongelukkig nie na hulle verwys as ‘Afrikaners’ nie, omdat dit ‘n voortsetting sou wees van ‘n leuen in ‘n nuutskepping van die identiteit om ‘n bepaalde apartheid wit ras groep met die land te vereenselwig. Hierdie groep het nog altyd geweet hoe om hulself nuwe identiteite toe staan.

Mense vra dikwels wat gebeur het in 1994, toe die oomblik van ‘n geskikte politieke magsverlies aangebreek het. Waarheen het die “Afrikaners” hulle belange, energie, en agenda verplaas? Wel, hulle het nie-regeringsentiteite gestig wat swaar befonds is deur die besigheidssektor. In die naam van demokrasie het hulle ‘n demokratiese politieke leierskap aan bande probeer lê deur hofsake, en sodoende die gunstige konstitusie gebruik om effektief beheer oor die land te hou wat hulle in die stemlokaal verloor het. Oornag het hulle selfaangewese kompasse van moraliteit, konstitusionaliteit, geregtigheid, en menswees-aktiviste geword. Hierdie skynheiligheid dien slegs as rookskerms, indien jy my mening vra, omdat dit nog altyd ‘n duidelike versinning en herskrywing van geskiedenis vervat.

Die stilswyende vraagstuk en besweerde teologie deur die gebed wekroep bedryf

Die onteenseglike kontektuele vraagstuk wat ons altyd moet stel, is: Waar was die strewe na ‘n Christen Teologiese universele etiese moraliteit tydens die apartheidsera? 

Ek weier om my deur enige begunstigde van apartheid, soos Angus Buchan of Arno Van Niekerk en die magtige geld hande agter hulle, te laat beïnvloed. ‘Wit’ mense is onwillig om hulself ooit te onderwerp aan enige persoon wat as deel van ‘n ‘swart’ ras beskou word. Hulle het ‘n oortuiging dat hulle nie diensbaar kan wees onder enige ‘swart’ leierskap nie, ongeag omstandigheid of dissipline, en selfs binne die Christelike ekklesia. Die perverse oortuiging wat in werklikheid ras aanbid, glo hulle moet te alle tye almal lei en beheer. Hulle sal hulself nooit deur iemand wat nie ‘wit’ is, in ras beskrywing, laat lei nie, omdat hulle in ideologie en epistemologie God verkeerdelik as ‘n ‘wit’ God beskou wat hulle as sogenaamde ‘witmense’ verhewe ag, terwyl andere as minderwaardig in menswees beskou word. Hierdie verwerplike godsdiens het ‘n perverse en verwarde geloof in praktyk. Hierdie verwronge teologie in fundamentele oortuiging glo eintlik dat die God wat hulle aanbid, moontlik gemanipuleer kan word vir perverse, siek rasse-agendas. Hierdie valse teologie is so arrogant dat dit dan juis in aanbidding van ras, selfs ander wat hulle in rasse beskryf buite die grense van ‘n gemeenskaplike menslike ras, wil verblind om saam met hulle te bid. Dit alles met die doel om God te mislei ten einde hulle eie politieke, ekonomiese en ras-agenda te beskerm.

Ek weier om my te laat lei of om die bos lei deur emosionele wekroepe vir gebed, met die doel om die hunkering na die voormalige apartheid in Suid-Afrika te hervestig. Hierdie praktyk bots met my godsverstaan, godsdiens, lewensbeskouing, en dien as ‘n antitese daarteen. Dit verteenwoordig niks anders as ‘n arrogansie van ‘n skynheiligheid van teologie binne ‘n spesifieke politieke oortuiging wat vandag verkondig dat, toe hulle aan bewind was, God blykbaar die land gelei het. Hulle is juis van dié wat in die brief aan gemeent te Loadicea [die Lou kerk] in die Bybelse biblioteek boek Openbaring 3: 17 sou verwys word: waar gesê word: “Want jy sê: Ek is ryk en ek het verryk geword en het aan niks gebrek nie, en jy weet nie dat jy ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie.”

Hulle onttrek hul aan gesprekke oor grondeienaarskap en die gewelddadige ontneming van my voorouers se eiendom. Is dit nie opvallend dat nie een van hulle menigvuldige nie-regerings entiteite, hetsy uit koloniale of apartheid begunstigde gemeenskaplike ‘wit’ ras groep identitiet, beywer hulle vir openhartige gesprekke oor die land eienaarskap, massa ekonomiese regstelling of werrklike gelykheid nie. Die valse profete, wat vanaf die kansel en in die gebedskamer optree, glo in hulle eie skynheiligheid sonder om die implikasies van hierdie geskiedkundige onreg te erken. Hierdie onwil om die historiese onregte van grondonteiening aan te spreek, getuig van ‘n verdraaiing van morele waardes binne ‘n sekere teologiese konteks. Die ernstige versuim om die geskiedenis van landherstel, ekonomiese gelykheid, en die erkenning van die KhoeSan-mense as oorspronklikes wat van hulle land, taal, erfenis en ryk diereryk beroof is, onder die loep te neem, onthul ‘n gebrek aan diepgrawende selfbeskouing. Dit is ‘n dissonansie met die beoogde geestelike eenheid en ‘n bevestiging van die voortdurende uitdagings wat die nasie in die aangesig staar.

Dit is imperatief dat die opregte gelowiges, veral dié wat deur apartheid benadeel is, ‘n skerpsinnige gees nastreef. Alhoewel daar altyd ‘n behoefte aan gebed is, is dit onaanvaarbaar om die godsdiens te misbruik vir eenduidige ras-geïnspireerde doeleindes, wat in essensie slegs ‘n dekmantel is vir die soeke na verlore politieke mag en bevoorregting. Arno Van Niekerk en sy politieke gebedsgroepe, wat met goedkeuring optree, moet ophou om mense te mislei. Waar was die vrees vir God tydens die apartheidstydperk? Waar was die empatie vir almal? Hoekom het hulle nie teen apartheid gebid nie? Elke wetsvoorstel in die apartheidparlement is deur Christelike geskrifte en gebed begelei. 

Ek nooi dan gerus vir Angus Bachan en Arno Van Niekerk uit vir ‘n publieke openhartige debat op enige platform waar ons die kettery en dwepery geankerd in ‘wit’ ras ideologie wat hulle as teologie voordoen wil weerlê. Buchan is berug vir sy aangesoolde en losgeslaagde ideologiese uitsprake wat hy graag binne die konteks as ‘n tipe teologie wil handhaaf.  Ons sal onthou hoe hy ‘n paar jaar gelede ‘Afrikaners’ en Israeliete as unieke Gods verbonde volke wou uitmaak.  Wat predikers nie alles sal doen vir geld, mag en aandag?

RISE SOUTH AFRICA voorafgegaan deur die 2023 ‘Time To Rise’ toe daar sterk gepoog was om die uitgetrede Hoof Regter Justice Mogoeng Mogoeng wou oortuig om die mantel draer namens die agenda te wees, maar gefaal het, in die seisoen is nog leierloos. Let wel daar sal binnekort weer ‘n swart gesig verskyn soos deur die agenda bepaal.

In die era en klaarblyklik onafhankklik van die Time to Rise en Rise South Africa is ook nou ‘n voormalige joernalis Songezi Zibi as leier van RISE MZANSI. Ek noem Rise Mzansi hier omdat ek die goue lyn wil trek tussend die RISE agenda, alhoewel onafhanklik maar in alle waarskynlikheid ook dieselfde borge in finansies want die doel bly dieselfde. Mag ek voorspel hoe ryk Zibi nou gaan word in materiële omvang.

Soos verwag die agenda bly dieselfde en alle soortgelyke groepe self ook soos besigheids man Roger Jardine se Change Starts Now Party wie ook goed befonds word deur ‘wit’ belange geld. Dus al hiertoe partye bestaan in omvang van oorsprong in die suurstof van die Koloniale en ‘Afrikaner’ wit rasgevangene, politieke belange goedgekeurde, en opgeswepe agenda. In die geval van Time To Rise, met gebed tot ‘n Christen God as ‘n dekmantel, en is dus onlosmaaklik verbind met die werklikheid van sogenaamde ‘wit’ ras belange, waarin sommiges selfs God wil manipuleer. In die geval van Change Starts Now party, vra die eertydse apartheid ‘Kleurling’ gebied se mense van Riverlea and Zombi Town : Waar was Roger Jardine sedert sy terugkeer van Amerika as student en ten tye van sy suksesvolle besigheids beroep, dat hy nou kwansuis terugkeer na Riverlea die gebied van sy jeugjare?

Dit is ‘n uitgemaaakte saak dat biljoene rond gaan en beskikbaar is alles om seker te maak die ANC swart politieke leierskap in Suid Afrika na Mei 31, 2024 is iets van die verlede.

Dr. Arno Van Niekerk by een van die 2023 vergaderings van Time to Rise

Mag God nie die valse godsdiensgebede en kettery aanhoor nie, en mag Hy streng optree teen dié wat selfs dink hulle kan Hom mislei.

Dr. Clyde N.S Ramalaine: BTh. (Hons.) UWC, MA Systematic Theology cum laude, NWU. PhD Politics & International Affairs, UJ: Is a Life-long social and economic justice activist. Political Analyst, Theologian, Strategy Design Communications Consultant, Author and Essayist. He is also a SARChi & CADL (Centre for African Leadership Development) Post-Doctoral Research Fellow.

Share Now

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments

Related News

0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x

Contribute

AFRICA NEWS GLOBAL (PTY) LTD.

Branch Code : 251255

Account No : 62915208608

Swift Code : FIRNZAJJ